ALARM SYSTEMS PRETORIA GAUTENG SOUTH AFRICA

Alarms and Security Systems Pretoria Midrand Johannesburg Gauteng

 
Alarms and Security Since 1992 Business Hours (Std ZA Time GMT +2)
Monday - Thursday 08:30 - 16:30
Fridays 08:00 - 14:00

Closed on weekends and public holidays
223 Tulip Road
Mnandi, Centurion

GPS: S25° 53' 01.0" E28° 04' 26.9"

Click Here For Map

Security and CCTV Systems
Tel: 012 668 1184
Cell: 082 456 4700

 
 
 

Sekuriteit Nuus

Pasop vir nuwe slenter

Suid-Afrikaners het eers geleer om die “ryk oom in Engeland” se bemaking te ignoreer, toe kom die nuwer weergawe van ’n selfoonnommer wat jou etlike miljoene Rand sou besorg, toe die Ontvanger wat jou ’n klomp geld gaan terug betaal, en nou is daar ’n splinternuwe een….

Die nuutste slenter is dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se naam gebruik word om geloofwaardigheid aan ’n bedrieër te verleen. Die slenter is onverwags vir enige wetsgehoorsame burger en gaan waarskynlik baie mense in ’n slagyster laat trap.

Die slenter begin dat jy ’n SMS kry van die SAPD af, dat ’n saak teen jou geopen is en dan moet jy “so en so” kontak by die volgende selfoon nommer.

Dit maak dat jy moet vasstel wat gaande is – jy skakel die nommer, en ’n “konstabel” antwoord, en wil weet wat jou naam en ID nommer is.

Dan soek hy glo op die rekenaar na jou gegewens – en so tussendeur begin hy ander vrae vra, by watter bank doen jy sake, hoe lank is jy al by die bank, – alles so terloops terwyl hy kamma na jou gegewens soek op die rekenaar.

Dan word jy gevra om ’n “vier syfer PIN op die selfoon in te tik” om daarmee sy saaknommer in te kry op sy rekenaar se stelsel.

Dan is jy klaar gekul !

As jy waag om sy vrae nie te antwoord nie, raak die “konstabel” moeilik en dreig jou met arrestasie.

’n Polisiewoordvoerder sê dat mense wat sulke SMS’e kry, die besonderhede daarvan aan die SAPD bekend moet maak en nie moet terug skakel na die betrokke selfoon nie.

Nuwe Koordlose Alarm Stelsel is deur Alarman bekend gestel.

Die nuwe Mini Tracer koordlose alarm stelsel is Junie 2014 bekend gestel. Wat ons gesien het, het ons opgewonde gemaak. Hierdie alarm stelsel behoort byval te vind in baie mense vir gebruik in huise, fabrieke en kleiner winkels. Die prys is reg en die alarm produk staan sy man teen die groter en duurder alarm stelsels op die mark. Die ander voordeel is: Dit word plaaslik vervaardig vir ons toestande! Verder kan binne en buite PIR's en deurkontakte gekoppel word sonder moeite. Programmeering is so maklik as 1, 2, 3! Een van die produkte wat direk met die alarm stelsel gekoppel kan word is die Koordlose Silentron Buite PIR. sonder dat dit die addisionele ontvanger gebruik.

NUWE INTERNET BANK BEDROG AKTIWITEITE

You will receive a SMS from a number similar as the one that you get bank notifications from. The SMS will indicate a problem on your account and a "consultant" will contact you.∙ When the "consultant" contacts you he/she will start confirming all your details: account number and then ask you what kind of a phone you are using.∙ The fraudsters will then contact your cell phone provider and perform a SIM Swap.∙ The fraudsters will then be able to receive OTP's (One Time Pins) and/or RVN's (Random Verification Numbers) from your bank and have access to your bank accounts.∙ By the time you realise that your cell number is not working your money will be out of your account. pls broadcast!

 

Tegniese Data sal net in Engels aangebied word. Daar is sommige engelse tegniese woorde wat al deel van die volksmond is!

Wat Alarman kliënte van ons sê:

Beste Jan en Gerda
 
Baie dankie vir die professionele en vriendelike diens met die installering van ons alarmstelsel.
 
Hierby aangeheg die transaksie bewys vir die finale betaling (35%) soos per faktuur.
 
Groete
 
Adv T J Kruger
Pretoria
 
 
 

Goeie naand Gerda

Ek erken ontvangs van die faktuur vir uitstekende diens soos altyd gelewer.

Laat weet asb vir my die bank besonderhede dat ek die faktuur kan betaal.

Baie dankie en groete vir Jan.

Gerry Mattheyse

 

Jan / Gerda,
Baie dankie vir julle bereidwilligheid en goeie kwaliteit werk. Vind aangeheg bewys van betaling soos per staat ontvang.
Groete,
Deon Hyman (Pro.Eng)
(1 Aug 2011)