ALARM SYSTEMS PRETORIA GAUTENG SOUTH AFRICA

Alarms and Security Systems Pretoria Midrand Johannesburg Gauteng

 
Alarms and Security Since 1992 Business Hours (Std ZA Time GMT +2)
Monday - Thursday 08:30 - 16:30
Fridays 08:00 - 14:00

Closed on weekends and public holidays
223 Tulip Road
Mnandi, Centurion

GPS: S25° 53' 01.0" E28° 04' 26.9"

Click Here For Map

Security and CCTV Systems
Tel: 012 668 1184
Cell: 082 456 4700

 
 
 

Belangrike Sekuriteit Wenke

Onthou hierdie belangrike sekuriteit wenke, dit kan jou lewe red.

  1. Hou gereeld familie vergaderings waar julle Huis Sekuriteit Plan bespreek word.
  2. Beplan 'n ontsnap roete na 'n veilige kamer
  3. Hou dikwels praktiese sessies waar die kinders by betrokke is sonder dat hulle stres, maak dit 'n speletjie.
  4. Installeer 'n betroubare Alarman alarm stelsel met onafhanklike binne en buite afdelings en aktiveer die buite alarm wanneer moontlik.
  5. Stel die huis se buite alarm vroeg aand want boewe wag nie noodwengig tot 01:00 uur in die oggend om jou te besoek nie.
  6. Oorweeg additionele buite beskerming soos Strale, Ogies, CCTV en Elektriese Heining.
  7. Maak seker die buite deure is goed versterk en die slotte kan nie maklik oopgebreek word nie.
  8. Moet nooit die deur of hek vir vreemdes oopmaak nie.
  9. Installeer 'n tweede kluis in die huis, op 'n ander plek in die huis, wat die huishulp, vriende en tuinier nie van weet nie. 
  10. Kry 'n goeie waghond vir buite en indien moontlik ook 'n klein op-en-wakker hondjie vir binne.
  11. Verbeter jou buite beligting deur hulle op 'n dag-nag skakelaar te plaas en elke aand te laat brand. Die skelms kan dan nie 'n patroon vorm van wanneer jy in of uit is nie. Installeer nog 'n paar skerp 20Watt LED ligte wat onafhanklik van die sagte energie besparende ligte werk. Koppel hulle dalk ook aan jou alarm en laat hulle vir ±5 minute brand vanaf die alarm se uitset. Dit het 'n groot verrassende uitwerking op boewe en meeste inbrekers sal dadelik vlug om uit die lig te kom. By efgesonderde huise soos plaas en plot,  behoort minstens 'n paar 20Watt ligte te  brand as minimum lig vir die nag.
  12. Gebruik tyd skakelaars om ligte in jou huis aan en af te skakel wanneer jy nie tuis is nie.
  13. Sluit alle buitedeure, garagedeure, karre en ander buite deure reeds vroeg aand.
  14. Vertel vir so min mense moontlik dat julle met vakansie gaan of vir 'n tyd van die huis af sal wees, veral nie jou sekuriteit maatskappy nie.
  15. Kry iemand om na die huis om te sien en daar te slaap terwyl julle weg is.
  16. Vra die bure om na jou perseel om te sien.
  17. Wees 'n goeie buurman jouself en sien om na die bure om jou. Bel hulle indien jy iets verdag opmerk op hulle perseel.
  18. Wees bewus van onbekende rondlopers in die straat wat net stil sit vir 'n lang tyd en alles wat in die straat aangaan, dophou.
  19. Wees betrokke by jou gemeenskap se aktiwiteite.
  20. Onthou, motor kapings vind meestal tuis plaas, in jou eie oprit.

 Die SAPD webblad het waardevolle inligting rakende sekuriteit.